Clanwilliam 200: Stap saam

Stap saam en geniet die goue sonsopkoms oor Clanwilliam en die Cederberge! Ons vertrek vanaf die Ramskop Natuurtuin en stap tot bo-op Dassiekop en terug. Geniet dan die prag van ‘n 200-jaar oue dorp wat ontwaak met die eerste sonstrale – ‘n geleentheid wat jy nog lank sal onthou. Oud, jonk, stadig, fiks – almal is welkom. Natuurkenners en natuurliefhebbers stap saam. Onthou jou kamera!

Saterdag 3 Mei, 06h30
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: Gratis, bring eie verversings saam
Besprekings: NetMar by 027 482 1007 | 082 876 5436

Cederberg Kunstefees 2014

Lewer kommentaar

Leave a Reply