Tussen 1923 en 1932 het ’n opgeleide verpleegster, Daisy Louisa de Melker (gebore Hancorn-Smith op 1 Junie 1886), moontlik drie mans vergiftig. Sy was getroud met twee. Die derde was haar seun.

Die motief vir die moorde was waarskynlik die versekeringsgeld. Sy het tot haar einde die moorde ontken.

Sy was 21 jaar oud en verloof aan Bert Fuller toe hy oorlede is op hul troudag. Dit word gediagnoseer as swartwaterkoors. Daisy erf £100.

’n Jaar en ’n half later later trou sy met ’n loodgieter, William Alfred Cowle en ’n seun, Rhodes Cecil, word uit die huwelik gebore. Die distriksgeneesheer bepaal William Alfred is dood aan natuurlike oorsake, maar Cowle se dokter vermoed strignienvergiftiging en weier om die doodsertifikaat te onderteken. Daisy erf £1 778.

Daisy op haar troudag met William Alfred Cowle

Sy trou weer drie jaar later. Hy is weer ’n loodgieter, Robert Sproat. Sproat sterf nadat hy ’n bier drink. Daisy erf £5 120.

Drie jaar en twee maande later trou Daisy met ’n oud-Springbokrugbyspeler, Sydney de Melker. Haar seun Rhodes Cecil sterf na ’n koppie koffie. Hy was 20 jaar oud. Daisy erf £100.

Na die dood van Robert Sproat is sy broer na die polisie. Dit het ’n ondersoek tot gevolg en die lyke van haar vorige mans en seun word opgegrawe. Daar is ’n groot hoeveelheid strignien in twee van die mans en haar seun se oorskot het spore van arseen. Sy is net skuldig bevind aan die moord op haar seun. ’n Apteker wat arseen aan Daisy verkoop het, het haar herken in koerantfoto’s.

Daisy de Melker is op 30 Desember 1932 aan die galg tereggestel. Sy was 46 jaar oud en net die tweede vrou in Suid-Afrika om die doodsvonnis te ontvang.

Hoekom soveel loodgieters? Een teorie is dat loodgieters kon loodvergiftiging opdoen deur die loodpype waarmee hulle gewerk het. Hulle dood kon daaraan afgemaak word.

Ná Daisy de Melker se dood word haar meubels op veiling verkoop. Die koper van haar gramradio het dit vir herstelwerk ingestuur. Tydens die herstelwerk is ’n koevert in die gramradio ontdek. Buite-op was die woorde “For dear old Syd”. Binne-in was arseen.

Daisy in 1932

Lewer kommentaar

Leave a Reply