Toe Die Heuwels Fantasties hul nuwe album 2021 met `n  aanlyn show op 30 Mei bekend gestel het, het hul aanhangers niks minder van hierdie innoverende groep verwag as die WOW! faktor nie.

Die moeite, ligte, kameras, klank en selfs die verrassende verskynings van die gaskunstenaars is iets wat deur industrie kenners as “next level” gesien is. Pierre Greeff sê: “Ons het weke daaraan gewerk om ‘n produksie van hierdie skaal te launch. Die “lockdown” beperkinge was geen verskoning om die show nie ordentlik te doen nie. Ek is baie bly dat ons vriende Arno Carstens, Francois van Coke, Tarryn Lamb en Jack Parow ook daar kon wees om hul songs op die album saam met ons te kan perform. Daar was meer as 200 van die 1300 huishoudings in die gehoor saam met ons op die verhoog deur middel van die “Zoom Room” feed wat ons op die skerms gesit het.  Daar was selfs `n verlowing. Ons vriend Griffin de Ru het sy meisie Hannah o Neill tydens die show gevra om te trou.  Hoe lekker is dit? Ons hou van romanse en het besluit om ons nuwe video “Ek mis Jou” saam met Tarryn Lamb, met daardie cool oomblik af te skop.”

Die video is saamgestel uit beelde van hierdie ongelooflike aanlyn konsert. Greeff sê dat dit een van hul gunsteling liedjies op die album is. “ Die video is vir ons `n great herinnering aan hierdie aand. Dit was amazing.”

Die liedjie is verlede jaar by Sunset Recording Studios opgeneem. Tarryn Lamb  sê dat sy nooit gedink het dat die boodskap soveel betekenis vir so baie mense op die oomblik sou hê nie. “Ek voel dankbaar om deel te kan wees van hierdie projek. Die Heuwels Fantasties is nie net super cool nie, hulle almal is True Gentlemen.”

2021 het ‘n DIY, doen jou eie ding, wees uniek, wees jouself, ons is almal een, bring jouself na die paartie- tipe aanslag.  Die titel “2021” is `n projeksie van hoop, dat die lewe weer volgende jaar makliker sal kan voortgaan.”

Snitte:

1. Mis Oor Die See (feat. Arno Carstens)

2. Ons Moet Leef (feat. Ampie)

3. Plekkie In Die Son (feat. Early B)

4. Naweek (feat. Jack Parow)

5. Lieg Net Vir My

6. Kan Iemand My Hoor? (feat. TJ Terblanché)

7. Ek Mis Jou (feat. Tarryn Lamb)

8. Vat My Saam

9. Mejuffrou Sonneblom

10. Kom Na My Toe (feat. Johnny De Ridder)

11. Jy Stel My Teleur

12. Min Worries (feat. Francois Van Coke)

13. Bly By Die Huis

14. Nog Een (feat. Loki Rothman) [Bonus Track]

15. Doin’ It Right (feat. Pierre Pressure) [Bonus snit]

16. Leja (Live at Francois van Coke en Vriende 2019, Pretoria) [Bonus Track]

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar