Die Kebble-kunsveiling

Gisteraand se veiling van die vermoorde Brett Kebble se kunsversameling was interessant – as kuns jou ding is.

Graham Britz het die hamer geswaai, en hy was vol grappies. Britz het dit ook duidelik gestel dat die aand oor kuns gegaan het, en nie oor Kebble nie. En kuns was daar, 133 werke, wat verskeie gesogte stukke ingesluit het. 800 bieërs het opgedaag.

Die interessante stukke het so verkoop:

Irma Stern se Woman Sewing Karos, geraamde waarde R7 miljoen, verkoop vir R4,5 miljoen.

Irma Stern se Young Girl with Plait, geraamde waarde R150 000, verkoop vir R275 000.

Vladimir Tretchikoff se Lost Orchid, geraamde waarde R1,2 miljoen, verkoop vir R2,9 miljoen.

Jan Ernst Abraham Volschenk se The Valley of the Kaffirkuils near Riversdale is verkoop vir ‘n rekord R600 000.

Daar is ook werk opgeveil van Maggie Loubser, Pierneef, William Kentridge, George Pemba, Walter Battiss en Thomas Bowler.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar