Een herlaaier vir alle selfone

Die groot selfoonvervaardigers in Europa het ‘n ooreenkoms onderteken wat tot gevolg sal hê dat alle nuwe selfone dieselfde herlaaier kan gebruik teen 2010. Dit is goeie nuus vir die verbruiker en die omgewing aangesien die herlaaier nie meer saam met die ou foon in die asblik sal beland nie.

Die nuwe generasie selfone sal die micro-USB-poort gebruik om te herlaai. Aanvanklik sal die herlaaier nog saam met die foon verkoop word, maar daar sal stelselmatig begin word om die twee apart te verkoop.

Die maatskappye wat die ooreenkoms onderteken het is Nokia, Sony Ericsson, Motorola, Apple, LG, NEC, Qualcomm, Research in Motion, Samsung en Texas Instruments.

Lewer kommentaar

Leave a Reply