Volgens ´n beampte by Zimbabwe se Departement van Gesondheid het amper 15 000 mense malaria opgedoen in Januarie en sowat 30 gesterf weens die siekte. Goeie toestande vir die uitbroei van muskiete en die land se gebroke infrastruktuur skep ideale toestande vir die malaria-epidemie. Hospitale in die land gaan reeds gebuk onder die 1 000 persone wat elke dag sterf weens VIGS. Een uit elke vyf volwassenes in Zimbabwe het MIV onder lede.
