Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Lot van n gebroke hart
Jy was my lewe my toekoms
Saam jou het die lewe sin gemaak
Maar toe kry ek die gevreesde woorde
Dit is verby …
Jou woorde steek soos n dolk in my hart
Wat het gebeur, wat het ek nie gedoen
Die vra dwarrel in my, as ek maar net kan weet
Nooit weer sal ek die voorreg hê om jou myne te noem
Nooit weer sal ek die eer hê om jou lyfie styf teen myne te hou
Nooit weer sal ek die soet van jou lippe teen myne proe nie
Nooit weer sal ek die glinster in jou oë sien
Jy was my lewe my alles en nou is dit verby
Ja, nooit weer …
Geskryf deur Jasper aan ‘n wonderlike engeltjie.
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.