Kytie – ‘n Koos Kombuis storie

Koos Kombuis se musiek en skrywe is wel bekend en gewild.


Een van sy gewildste lirieke is die van “Kytie”. Dis eers met dieper ondersoek agter die liedjie wat ons leer Kytie was ma, vriendin, warmte en liefde vir ’n seun wat effe anders was. In ’n tyd toe dit nie aanvaarbaar was om ander en “anders” te aanvaar nie, het Koos en Kytie ’n band gehad wat beide se leefwêreld moontlik gemaak het.

Die Kytie-storie is universieël en kan oor vele huishoudings vertel word. Die skrywer, Alexa Strachan, se diepe navorsing (en onderhoude) in Koos Kombuis se lewe het die bekende liedjie tot ‘n mooi verhaal gebring vir die verhoog.

Alhoewel Koos nie self die verhoog betree nie, voel jy sy teenwoordigheid deur die teks en spel van akteurs Vaughan Gardiner en Crystal Donna Roberts. Regisseur, Margit Meyer–Rödenbeck, se samevatting van al die elemente bring lewe tot die verhaal wat tegelyk so tragies, so mooi, en soms ook net vrek snaaks is.

Met: Crystal Donna Roberts & Vaughan Gardiner
Teks: Alexa Strachan
Regie: Margit Meyer–Rödenbeck
Vervaardigers: Oosthuizen Produksies & Herman Pieters
Tegnies: Liezel Foot

KKNK 2013

Crystal Donna Roberts & Vaughan Gardiner
Crystal Donna Roberts & Vaughan Gardiner

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply