Inligting gestoor op DNS

DNS (deoksiribonukleïensuur) kan dalk in die afsienbare toekoms die stoorplek van al ons inligting word. Wetenskaplikes het in Januarie 739 KB data suksesvol gestoor in DNS en dit weer later suksesvol opgeroep, sonder enige haakplek.

Die data het bestaan uit ‘n toespraak van Martin Luther King Jr., al 154 sonnette van William Shakespeare en ‘n kopie van Watson en Crick se oorspronklike navorsing oor die struktuur van DNA.

Die storing op DNS gebruik nie die normale binêre stelsel van 0e en 1e nie, maar gebruik ‘n kombinasie van een of meer van die volgende letters: A, C, G en T. Hiermee skep hulle stringe DNS met die data as deel van die struktuur.

Wat DNS so geskik maak vir storing van inligting is die feit dat dit so kompak is. 1 g DNS kan die inligting van meer as 1 miljoen kompakskywe stoor. Onder die regte omstandighede hou dit ook langer as konvensionele materiaal.

Die studie was in Januarie 2013 se uitgawe van Nature.

DNS
DNS

Lewer kommentaar

Leave a Reply