‘n Inwoner van ‘n gholflandgoed by die die Emfuleni Gholfbaan in Vanderbijlpark het ‘n klagte by die hooggeregshof ingedien waarin hy beweer gholfballe wat sy huis tref, is gevaarlik.
Eric Schoeman vra die hof om die Emfuleni Gholfbaan se eienaars te dwing om spelers te verhoed om by die 14de putjie af te slaan. Sy huis is 10 m van die putjie af en Schoeman beskou die balle wat gereeld sy huis tref as ‘n gevaar.
