Die Amerikaans-gebaseerde The New York Times het Dinsdag ‘n opiniestuk oor mediavryheid in Suid-Afrika gepubliseer en gewaarsku dat die “gesondheid van demokrasie” bedreig word.
Die opiniestuk wat deur Nic Dawes, redakteur van Mail & Guardian, Judith February, ‘n politieke ontleder, en Zackie Achmat, MIV/vigs-aktivis, geskryf is, bespreek die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.
