Jou haantjie hou: SA kunstenaar gearresteer in Parys

SA kunstenaar Steven Cohen het hom Dinsdag in vere uitgedos, ‘n haan aan sy penis vasgemaak met ‘n lint, en op en af geparadeer aan die voet van die Eiffeltoring in Parys.

Steven Cohen
Steven Cohen
Vir sy moeite is Cohen gearresteer vir openbare onsedelikheid. Hy is later die dag weer vrygelaat.

Volgens sy prokureur wou Steven die fokus plaas op mense soos hy wat verdeel voel tussen die liefde vir sy land en sy huidige tuiste. Sy werk fokus oor die algemeen oor die gemarginaliseerde deel van die samelewing.

Cohen sal 16 Desember in die hof verskyn.

(via The Local)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply