Kaapstad se nuwe finansiële hoof voorheen beskuldig van bedrog en wangedrag

Kaapstad se nuwe hoof finansiële beampte is deur sy laaste twee werkgewers beskuldig van bedrog en wangedrag.

Kevin Jacoby is in die ouditeur-generaal se verslag van die Amathole distriksmunisipaliteit se finansiële state van 2007 uitgewys vir bedrog. Volgens die verslag het Jacoby, toe die finansiële hoof, en die munisipale bestuurder persoonlike transaksies aangegaan ter waarde van R117 292 met die munisipaliteit se kredietkaarte. Jacoby se aandeel was R23 022. Hy het kort daarna bedank.

Jacoby word in 2008 die finansiële hoof van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit wat tans in ’n geldnood verkeer. Verlede jaar het dié munisipaliteit se bestuurder Jacoby beskuldig van wangedrag en ’n ondersoek gelas.

Die Stad Kaapstad se webwerf het die volgende te sê oor Kevin Jacoby: “He previously served as Chief Financial Officer in two municipalities and has a proven track record of sound financial management.” 🙂

Lewer kommentaar

Leave a Reply