Karel Kraai en Sarel Seemonster hoor “gaa-gaa”! Hier kom die nare Fooli Volstruis met ’n wyd oopbek en hy jaag Boogie en Boing-boing, verby Karel en Sarel.
Boogie en Boing-boing is twee narre van ’n sirkus en hulle het elkeen ’n blink strikdas aan. ’n Volstruis wil mos altyd ’n blink ding hap en insluk. “Help! Help!” skree Boogie en Boing-boing benoud. Wagga Kwag hoor die lawaai. “Vu-vu-vu!” blaas hy hard op sy vuvuzela. Fooli Volstruis skrik en hol langpoot weg.
Na die konsternasie sing Boogie en Boing-boing hulle jiggel-jaggel liedjie. Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Wagga Kwag, Haas Das en die bobbejane hou konsert. Ja, weer groot vrolikheid in die Wielie Walie-parkie
Alle teks en karakters is geskep deur Louise Smit en opgevoer deur die akteurs van EnterActive Produksies.
Regie Dulinda Pieters.
Wielie Walie – Boogie Boing-Boing is 6 Januarie 2012 by die Ou Meulteater in die Paarl.

Bespreek by Vicky by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)