Rooi Kersfees

Danie Niehaus, bekende Kaapse sanger, keer terug met ‘n eiesoortige vertolkstyl van liedjies van sy jongste album Rooi asook bekende en gewilde Kersliedjies in die produksie Rooi Kersfees.

Die gehoor kan onder meer uitsien na ‘n aantal nuwe liedjies uit die kunstenaar se pen, wat die kleur, ritme en stemming van die Kersseisoen sal inlui, in verskillende genres.

Maandag, 12 Des om 20:30 by die Boer restaurant teater in Durbanville. Kaartjies is R90 en beskikbaar by 021 979 1911/ 0834060111.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar