Terwyl die maroelas nog swart teen die lug afsteek, skiet Hans Wagner vroeg een oggend twee leeus op sy Suidwes-plaas. Maar onverwags verskyn daar toe ’n jong leeutjie uit die bosse wat Hans se been lelik seermaak.
Die skoot wat na dié welpie geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se tienerseun, besluit om voortaan elke skoolvakansie na die eenoor-leeu te soek. Dit is ’n soektog wat baie lank duur en in daardie tyd word nie net die leeu groot nie, maar ook Petrus ontwikkel tot ’n jongman, gebrei deur harde plaaswerk en jag. En soos hy ouer word, begin hy met ander oë na die buurdogter, Martie, kyk – na wie hy eers minagtend verwys as een van “daardie Angolas”. Sal die liefde hom soos die leeu ontwyk?

Die groot maroelas / deur Doc Immelman — Protea Boekhuis, 2011. — 260 p. ; sagteband ; 137 mm x 213 mm. — ISBN 9781869194390 : R 140.00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)