#Kalfiefees Praat saam oor die ekonomie

Die spreker by vanjaar se besprekingsprogram by die Kalfiefees is Piet Croucamp.

Croucamp gee klas aan die Universiteit van Johannesburg en spesialiseer in Navorsingsmetodes, die demokratisering van politieke stelsels en, sy ‘eerste liefde’, politieke geweld.

Die praatjie sal onder meer handel oor:
• Die politieke rolspelers agter die skerms van gebeure.
• Die politieke en ekonomiese indikatore wat ons sal help om die politiek van die dag beter te verstaan.
• Die toekoms wat betref onderwys, landbou, tegnologie en arbeid.

Gaan redeneer saam!

Tydsduur: 120 minute
Kaartjies: R120
Datum: Sat 9 Aug 10:00
Plek: Whale Coast Hotel-konferensiesaal, Hermanus

Lewer kommentaar

Leave a Reply