Kuberkraker waarsku Aarto

Kuberkrakers het die Aarto-webwerf, waarop Suid-Afrikaanse motoriste boetes kan betaal, Woensdagoggend bygekom.

’n Snaakse deuntjie en spotprent van die kuberkraker met ’n boodskap het op www.aarto.gov.za verskyn.

Die kuberkraker, genaamd “rEd X” – voorgestel as ’n onheilspellende Rooikappie – het die administrateur met graffiti gewaarsku hy moet die webwerf beveilig.

Fakazi Malindziza, woordvoerder van die Padverkeersmisdryfagentskap, het bevestig die webwerf is gekraak, maar gesê daar is geen vertroulike inligting op die webwerf nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply