Kuns en kultuur kaskenades

Professor Musa Xulu, adjunk-direkteurgeneraal van Kuns en Kultuur in Suid-Afrika, is aangekla vir wangedrag betrekkende tot die toestaan van kontrakte ter waarde van R2 miljoen. Hy is onmiddelik geskors.

Xulu het tussenbeide getree by een van die toekennings om swart bemagtiging te bevorder, maar het uiteindelik die kontrak toegeken sonder om kriteria soos ondervinding en bevoegdheid in ag te neem. Die betrokke maatskappy het slegs ´n klein gedeelte van die geld uiteindelik gebruik vir die doel waarvoor dit toegeken is. Die werk sal weer oorgedoen moet word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply