Skoonlief en die ondier

Freda Adams wil nou vir Pieter Marais, albei van die Demokratiese Alliansie, hof toe sleep oor hy dan nou vir haar sou sê dat “as ek so lelik soos jy was sou ek hardloop en gaan wegkruip”. Admas het intussen bedank uit die DA. Daar word in die gange van die DA gefluister dat sy in elke geval nie meer ´n toekoms gehad het in die politiek nie.

Hoe belaglik raak die mense nou? Kon Adams nie net haar mond oopmaak en iets terugsê nie? Om alles te kroon is, soos mens innie Kaap sê, nie een van hulle ´n “painting” nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply