Die Saturday Star berig dat die departement van opvoeding in Limpopo versuim het om 207 studente se beurse uit te betaal. Dit is almal onderwysstudente. Hulle klasgelde, kos, handboeke en verblyf moet deur die departement betaal word.
Limpopo se onderwysdepartement is een van vyf provinsiale departemente wat onder nasionale administrasie geplaas is weens wanbestuur van fondse.