Ryskalander

Die ryskalander lyk soos baie ander kalanders, maar kan uitgeken word aan vier geel kolle op die lyf. Die larwes ontwikkel in koring, gars, rys, hawer, mielies en ertjies.

Die kewer vlieg goed en jy kan die volwasse kewer ook in jou kombuis kry waar hulle sal eet van jou meel, koekies, beskuit en pasta.

Die ryskalander kan tot drie generasies per jaar grootmaak. Die wyfie lê tot 575 eiers. Die larwe en papie ontwikkel binne-in die graan.

Dit word nie aanbeveel dat jy hulle self probeer bestry nie. Gebruik eerder die diens van ‘n professionele plaagbestryder of gaan klop aan om hulp by ‘n graanboer.

(foto Olaf Leillinger)

Lewer kommentaar

Leave a Reply