Moraliteit inherent permissief

Prostitusie is die oudste beroep in die wereld, gevolg deur diplomasie. Beide berus op dieselfde oogmerk – neem ´n bietjie en gee ´n bietjie om beter verhoudings te bewerkstellig. Immoreel? Ag kom nou, regtig! Prostitusie is ´n feit soos ´n hoer. En dieselfde verkrampte ou omies wat hulleself uitgee as die sedebewakers van ons samelewing doen net so lekker mee.

Moraliteit is inherent permissief. Daarmee saam behoort morele oorwegings realiteit te akkommodeer. Dis hoog tyd. Wettige hoerery gaan miskien minder pret wees, maar kan bydra tot beter gesondheidsbeheer in die bedryf, en veral tot minder eksploitering van die sekswerkers. En dink net aan die belasting moontlikhede as al hierdie inkomste eers verklaar word!

bydrae: Philip Claassen

Lewer kommentaar

Leave a Reply