‘n Man is Maandag in Pretoria vasgetrek nadat hy op ‘n motorfiets teen 201 km/h gejaag het terwyl hy onder die invloed van alkohol was, het die Gautengse verkeerpolisie gesê.
Hy het ook nie ‘n geldige lisensie gehad nie, het Busaphi Nxumalo, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Die hoëspoed-eenheid het hom naby die Doornpoort-tolhek afgetrek waar hy op sy Yamaha gery het. Hy kan aangekla word van roekelose bestuur, bestuur sonder ‘n lisensie en bestuur onder die invloed.
