Verskeie berigte wil dit hê dat MTN toegegee het aan druk van die Taliban in Afghanistan.
Die Taliban het selffoontorings geteiken, om te verhoed dat die publiek die koalisiemagte skakel vir hulp. Dit wil nou glo voorkom asof MTN en ander begin het om hul torings in die nag af te skakel, sodat hulle nie geteiken word nie – en in die proses kan niemand vir hulp vra nie.
