Die onbekendes

Die onbekendes
Roekeloos
Skielik op ’n dag is alles anders.
Waarskuwings dui daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen sou doen nie.
Gewelddadige dinge … alles is onvoorspelbaar. Onbekend.
’n Man en vrou stry om sin te maak van wat om hulle gebeur, moet waak teen gevare wat om elke hoek kan skuil … en dán?
As jou bestaan ’n nagmerrie word, wie vertrou jy? Waarvoor alles en vir wie almal moet jy bang wees?
François Bloemhof maak jou bang in sy jongste boek.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
