Naspers begin redaksie sny

Die mediahuis, Naspers, het begin om senior redaksionele personeellede by koerante soos Rapport, City Press, Beeld, Volksblad en Die Burger minder te maak.

Die maatskappy bied vrywillige skeidingspakette aan die personeellede.

Verlede jaar het verskeie mense hul werk by Naspers verloor weens die ekonomiese situasie, maar volgens die maatskappy het dit hierdie keer niks daarmee te doen nie.

Eiendomsagente in Hartenbos glimlag breed oor die vooruitsigte wat die skeidingspakette vir die mark in (klein) vakansiehuisies bied.

Lewer kommentaar

Leave a Reply