NG-gort weer gaar

Die gort is weereens gaar in die NG Kerk. Die keer na uitlatings van Prof. Sakkie Spannenberg, Oud Testamentikus by UNISA.

Prof. Spannenberg het in ´n artikel in Die Kerkbode gevra of daar werklik dan net een pad na die hemel is. Hy het ´n pleidooi vir verdraagsaamheid gelewer en die besef dat mense nie verlore is nie as hulle nie jou godsdiens deel nie. Uiteindelik is daar net een god.

By die NG-gemeente, Pierre van Ryneveldt is ´n klag ingedien teen Prof. Spannenberg. Dit is opmerklik hoeveel NG teoloë deesdae hulle opinies in die openbaar begin bekend maak.

Lewer kommentaar

Leave a Reply