Niekie van den Berg bedank

Die bekende radiopersoonlikheid Niekie van den Berg het gister sy bedanking by die SAUK ingedien.

Sy bedanking volg kort op die aankondiging verlede naweek dat hy die politiek betree onder die vaandel van die DA. Die skielike besluit is glo die gevolg van ‘n geleentheid wat Van den Berg op kort kennisgewing gekry het om by die politiek betrokke te raak.

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG, het aangekondig dat Amanda Olivier voortaan aan die stuur van die gewilde Wat sê die prokureur sal staan en Gerrie Scheepers die sportkommentaar sal oorneem.

Op hierdie stadium is dit nog nie duidelik wie die gewilde Sê Wie gaan waarneem nie. Magdaleen Kruger het dit gestel dat hulle die situasie hanteer soos wanneer enige ander aanbieder bedank. Tyd sal egter leer of Niekie van den Berg onlosmaaklik deel was van Sê Wie se gewildheid.

Sê wie?

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Twee dinge:
    1.Nou sal ek ook na Sê Wie wil luister.
    2.Ek sal nooit weer vir die DA stem nie. As dit die beste is wat hulle kan voorstel is dit nie ers ‘n voorstel maar ‘n beledeging vir die kiesers.

Lewer kommentaar

Leave a Reply