Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za
Leesstoffie van ‘n Londen-toffie Hoofstuk 3
Ha, ha. Geniet ek nou my eie grappie.
Jy het reg gelees. Ek rook nou minder. Ek sou hou daarvan om te sê ek het opgehou, maar helaas. Ek is in die PROSES.
En ek wil my oë daaroor uithuil. Ek kan nie glo dat ek my heel gunsteling ding op aarde moet opgee nie. Ek weet, ek weet, ek het gesê van hoe ek dit haat – as jy een van my heel eerste babbelblaaie gelees het sou jy wel weet – maar dis ‘n love hate ding. Ek haat jou, ek wil jou nooit weer sien nie, asseblief moenie gaan nie, ek kan nie sonder jou leef nie.
En nou, nie eens oor morele redes nie, maar oor rande en sente – of meer akuraat 10 rande en 1 rande, want dis wat pennies en ponde ultimately is.
En het ek ooit gedink die dag sou kom wanneer ek nie eens ‘n geldjie het vir sigarette nie? Nee, pappie. Het nog altyd ‘n vol yskas vir vol longe verruil – gedink ek sal altyd en dink eintlik nog steeds ek sal altyd. Maar drastic measures…
Dit moet spaar, alhoewel die geld deur my vingers glip soos bleddie paddavissies, geen sigarette notwithstanding, so hoekom de hel doen ek dit dan.
Anyway. Ek dink dis in elkgeval net ‘n verskoning om die inevitable te laat gebeur – ‘n verskoning om ontslae te raak van my grootste en dearest kruk.
So nou rook ek handrollies. En ek gaan maar eerder niks profeseer nie. Dalk werk dit, dalk werk dit nie. Sal anyway moet opgee wanneer ‘n klein mondjie eendag aan my buuste moet suie.
Groente en vrugte uit semi-lou London (alhoewel nie vir lank nie, want hulle voorspel al weer sneeu teen volgende Donderdag)
Ps. die rede vir die haastige koebaai is dat House se nuwe reeks nou begin en ek kan nie sonder my house nie. Hugh Lorrie Rock!
skrywer: Dedri Strydom
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
