Khoi-San stappers is Donderdag toegang tot die uniegebou in Pretoria gewyer omdat hul nie behoorlik gekleeë is nie, so het ‘n woordvoerder die vier meegedeel. Chief Khoi-San SA wat saam met Shane Plaatjies vanaf Port Elizabeth gestap het om ‘n memorandum aan pres. Jacob Zuma te oorhandig het Donderdag by die uniegebou opgedaag. Vanaf Johannesburg het Moghamad Blouw en Brendon Billings ook by hul aangesluit en saam gestap uniegebou toe.
