Parks weer in die poefie

Parks Mankahlane, woordvoerder van Suid-Afrika se president, is al weer in die moelikheid. ´n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik, nadat hy versuim het om in die Kabokweni onderhoudshof te verskyn.

´n Eerste lasbrief is in Junie uitgereik toe hy ook versuim het om in die hof te verskyn in verband met onderhoud vir sy negejarige seuntjie. Volgens die seuntjie se moeder het sy en Mankahlane vir twee jaar saamgewoon in Kanyamazane voor hy na Johannesburg verhuis het in 1990. Hy het na Mpumalanga verhuis in 1986 toe hy uit die Fort Hare Universiteit geskors is.

Mankahlane was ook betrokke in ´n onderhoudsaak in Julie vanjaar met ´n ander vrou oor ´n elfjarige dogterjie. Die dogtertjie se moeder wou hê hy moes die maandelikse onderhoud verhoog vanaf R400 na R700.

Lewer kommentaar

Leave a Reply