Volgens Britse wetenskaplikes sal mans eersdaags hul eie kinders kan voortbring met behulp van nuwe genetiese tegnieke. Die kind sal twee vaders hê en geen moeder. ´n Surrogaat moeder sal egter nodig wees om die kind vir die volle termyn te dra.
´n Manlike eiersel kan geskep word deur die middel van ´n skenkersel te verwyder en dit met sperm te vervang. Die nuwe eier sal manlike DNA bevat en sal in-vitro bevrug kan word met ander sperm voor dit in die surrogaat se baarmoeder ingeplant word.
