Woensdag het die nuus gebreek dat Facebook ge-hack is en verskeie gebruikers die gevaar loop om hulle Facebook-profiel te verloor. Nadere ondersoek toon dat dit waarskynlik nie ‘n hack of virus is soos oral gesê word nie, maar eerder die publiek se skuld is wat sommer enige app aan hul rekeninge heg.
As jy vermoed dat daar ‘n gevaar is dat jou Facebook-profiel kan deurloop moet jy die volgende doen. Al is jy nie een van dié wat probleme het nie is dit steeds ‘n goeie idee om hieraan aandag te gee:
1. Verander jou wagwoord – dit is altyd ‘n goeie idee om jou wagwoord van tyd tot tyd te verander. Dit is jou eerste verdediging teen enige kwaaddoener.
2. Sorg dat jy die nodige programmatuur het om virusse te beveg. Jy het nie nodig om honderde rande hierop te spandeer nie. Die gratis AVG Anti-Virus sal werk.
3. Gaan deur al jou apps. Verwyder enige apps wat jy nie gereeld gebruik nie of wat jy nie seker oor is of hulle veilig is nie. Moet nooit enige app wat jou oog vang aan jou rekening heg nie! Indien jy onlangs van ‘n derde party gebruik gemaak het om kontakte na Facebook oor te plaas is jy in groter gevaar as die res van ons. Wat jy dadelik moet doen, is om die mobile sync-opsie te kanselleer. Gaan jou friend requests na wat jy uitgestuur het en maak seker dit is almal die wat jy self gekies het. Vir hulp hiermee gaan na Facebook Help Center > How do I remove or delete an app from my account.
4. Versprei die nuus en vertel al jou vriende op Facebook van hierdie probleem. Post sommer hierdie bydrae vir hulle.
5. Indien jy een van die ongelukkiges is wat uit hulle Facebook-rekening gesluit is, kan jy moontlik dit terugkry. Besoek Facebook se Help Center > My account is hacked en volg die stappe.