Regse jeugkamp stook rassehaat

‘n Regse Afrikanerkamp in Mpumalanga leer seuns so jonk as 13 dat swart mense in Suid-Afrika “die vyand” is, het ‘n berig Vrydag gelui.

Die Kommandokorps se instrukteurs het die tieners geleer hoe om soldate te word en hulle probeer oortuig daar is ‘n rasoorlog in die land, het die Mail & Guardian berig.

Die kampleier, Franz Jooste (57), het glo aan hulle gesê hulle gaan regte mans word en dat swart mense minderwaardig is en nie daartoe in staat is om te regeer nie, het die koerant berig.

Kamp leer jong seuns swartes is die vyand

Lewer kommentaar

Leave a Reply