Die Kaapse Vlaktes is ‘n redelik gesette inwoner ryker. ‘n Seekoei het sy intrek geneem by die Stad Kaapstad se rioolwerke in die area.
Die jong seekoeimannetjie is uit sy trop in die Zeekoevlei-natuurreservaat verdryf deur die senior mannetjie, sy pa.
Pogings word tans aangewend om die jong seekoei na Rondevlei te lok, hoewel hy heel tuis lyk in sy nuwe omgewing met meer as genoeg water en weiveld.
Mens kan natuurlik nie anders as om te wonder hoe goed die seekoei se reuksintuig is nie.
