Handleiding oor e-handel in Suid-Afrika

Het jy al ooit daaraan gedink om jou eie internetwinkel op die been te bring? Dalk verkoop jy alreeds produkte, en wil jy jou omvang vergroot om ‘n nasionale, selfs internasionale mark te bereik?

Start Me Up with Selling Online – The South African E-Commerce Guide, is ‘n nuwe uitreiking deur Startup Media, ‘n aanlyn media-agentskap en –uitgewery.

Hierdie omvattende, 183-bladsye, nie-akademiese handleiding fokus op talle aspekte van e-handel wat in vier fases ingedeel kan word: Beplanning, ontwikkeling, bestuur en bemarking van jou elektroniese handelsbesigheid.

“Ek het aanvanklik navorsing gedoen oor e-handel met die oog om my eie webwerf op die been te bring,” vertel Amelia Mulder, web entrepreneur en skrywer van Start Me Up with Selling Online. “Ek was naderhand so gefrustreerd met die gebrek aan bronne wat op ons unieke, plaaslike situasie betrekking het, dat ek besluit het om my tyd en energie te wy aan ‘n eerste-van-sy-soort, omvattende en ‘een-stop’ gids vir almal wat belangstel om ‘n kleinhandelbesigheid op die internet te begin of uit te bou”.

Amelia se agtergrond as joernalis, kopieskrywer en soekenjinoptimiseerder (SEO) het haar handig te pas gekom vir hierdie omvangryke projek. In die ses maande wat dit haar geneem het om die handleiding te voltooi, het sy tallose Suid-Afrikaanse e-handel verskaffers gekontak, sagteware-, aflewerings-, en bemarkingsopsies ondersoek en beoordeel, en onderhoude gevoer met talle e-handel deskundiges en –besigheidseienaars.

Van die deskundiges vir wie Amelia genader het vir bydraes sluit in Arthur Goldstuck, Suid-Afrika se voorste kenner van internettegnologietendense, Andy Higgins, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse veilingswebwerf Bidorbuy en Mark Raa, integrasiekonsultant vir die Suid-Afrikaanse betalingspoort MyGate.

“Dit was geweldig harde werk, maar die eindproduk is iets wat seker nie op ‘n beter tyd kon gekom het nie, as jy kyk na die rooskleurige vooruitsigte wat internetontleders voorspel vir aanlyngebruikersgroei in Suid-Afrika,” sê sy.

Start Me Up with Selling Online – The South African E-Commerce Guide

Start Me Up with Selling Online – The South African E-Commerce Guide

Dit is hierdie rooskleurige vooruitsigte wat Amelia en haar besigheidsvennoot laat besluit het om Startup Media te begin. Startup Media is ‘n nuwe onderneming wat informasie en publikasies oor entrepreneur- en loopbaansake verskaf aan entrepreneurs, klein besighede, werksoekers en avontuurlustiges. Daarom dan ook die naam van hulle reeks elektroniese handleidings: Start Me Up.

Elke handleiding in die Start Me Up-reeks bevat inligting, pluimpies, binnekring-geheime en onderhoude met kenners.

Die handleidings, waarvan Start Me Up with Selling Online die eerste is, word uitgegee in PDF-formaat en is beskikbaar op die Start Me Up webwerf by www.startmeup.co.za

Die gebruikersvriendelike elektroniese formaat stel Startup Media in staat om publikasies oor snelveranderende onderwerpe (soos internetsake) uit te gee, en nuwe inhoud gereeld by te werk. Nuwe uitgawes kan vinnig die lig sien, in teenstelling met die omslagtige proses van drukpublikasies. “Lewendige” skakels na hulpbronne op die wêreldwye web is een van die belangrikste, interaktiewe eienskappe van die Start Me Up handleidings. Boonop is e-boeke baie meer omgewingsvriendelik as hul gedrukte teenvoeters.

Behalwe vir die Start Me Up handleidings, het die Start Me Up webwerf ook ‘n interaktiewe ‘Vra ‘n Kenner’ afdeling waar webwerfbesoekers vrae kan vra oor entrepreneur- en loopbaansake, wat dan beantwoord word deur deskundiges op die gebied. Daar is ook gratis artikels en advies op die webwerf.

Alle nuwe intekenaars op die maandelikse Start Me Up nuusbrief kry ‘n 15% afslag op Start Me Up with Selling Online – The South African E-Commerce Guide. Besoek die webwerf by www.startmeup.co.za om in te teken op die nuusbrief.

Lewer kommentaar

Leave a Reply