2009 is die jaar van die Astronomie. Om daarby aan te sluit, bied Louis Barendse en Hennie Maas van RSG-faam, in die pragtige Laeveld Botaniese Tuin, ’n besonder insiggewende oudiovisuele aanbieding aan oor die fassinerende verhaal van ons sonnestelsel se ontstaan. ’n Kykie na die geheimenisse van die buitenste ruimte sal feesgangers se asems wegslaan.
Vrydagaand se program is ’n algemene kykie na die sterrekunde.
Saterdagaand is ’n spesiale ontdekkingsreis na Mars wat jou perspektief in ’n oogwink sal verander.
Maak jou reg vir ’n ongelooflike ervaring wat jou letterlik sal terugbring aarde toe. Teleskope sal beskikbaar wees vir jou eie ontdekkingsreis na die ruimte daarbuite.
Onthou om ’n flitslig saam te bring vir jou wandeling op die aarde!
innibos 2009
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 3 Jul 18:30, Sa 4 Jul 18:30
Venue: Laeveld Botaniese Tuin
Tydsduur: 120 min
Prys: R87 (Sluit ’n koppie sop en ’n broodjie in.)
