deur Gerhard Strydom
Hoe kan jy jou drome laat werklikheid word?
Bepaal wat jou behoefte is of wat dit is wat jy graag wil bereik en breek dit op in kleiner makliker bereikbare gedeeltes of doelwitte. Sodra jy die eerste doelwit behaal het wat jy vir jouself gestel het voel jy goed oor jouself. M.a.w., jou selfbeeld verbeter en jy voel meer positief. Die volgende doelwit lyk skielik nie meer so onbereikbaar nie.
Ons kan dit vergelyk met ‘n atleet wat in die begin van ‘n seisoen vir homself ‘n doelwit stel waar hy wil wees aan die einde van die seisoen wanneer hy op sy beste moet wees. Hy sal moedeloos word indien hy met die eerste oefening nie sy einddoelwit bereik nie maar as hy vir homself weekliks kleiner doelwitte stel en daalvolgens sy prestasie meet met elke byeenkoms waaran hy deelneem sal hy baie beter oor homself voel indien hy die kleiner doelwitte bereik. Dit gee hom die nodige motivering om harder te oefen en te werk aan sy groot (droom) doelwit. Hy verloor ook nie moed as hy nie by elke byeenkoms wen nie want hy meet sy prestasie aan sy eie doelwit wat hy vir homself gestel het.
Ons sal altyd mense in die lewe teëkom wat meer geld as ons het of beter presteer maar as ons, ons eie doelwitte stel en hulle bereik voel ons goed oor onsself en daarmee saam kom innerlike geluk en tevredenheid. Moet nooit jou geluk teenoor ander mense en at hulle het en doen nie.
