deur Gerhard Strydom
“DIE DAG TOE EK OPGEHOU HET OM DIE KWALITEIT VAN MY LEWE TE MEET AAN DIE WAT MEER HET AS EK, EN DIT BEGIN MEET HET AAN DIE MILJOENE WAT MINDER HET AS EK, HET EK DANKBAARHEID LEER KEN.”
Ek het bogenoemde uitreksel uit ons kerkblaadjie geneem wat deur een van die lidmate geskryf is wat ek met julle wil deel. SUKSES in ons samelewing word hoofsaaklik gemeet aan die hoeveelheid geld wat ons het. Die huis waarin ons bly, kar wat ons ry en besittings wat ons het. Daardeur word `n persoon dan geklassifiseer in `n sekere groep in die samelewing.
Hoeveel van die mense wat in die paleise bly en die vreeslike duur karre ry en eksotiese vakansies onderneem en oor die algemeen die beeld uitstraal van vreeslike suksesvolle mense sal nog in dieslefde groep beweeg as jy alle oortroke lenings, huislenings, motor lenings en kredietkaarte sou wegneem, m.a.w., slegs op `n kontantbasis leef. Bitter min sou ek sê?
Wat ek hierdeur wil sê is dat baie mense ongelukkig raak oor die klaarblyklike sukses van ander gemeet aan hulleself en hulle vermoëns.
In ons kerkblaadjie was `n stukkie geskryf oor `n persoon wat `n bedelaar gesien het met `n uitgeteerde lyf en leë oë voor haar gestaan het. Sy kon sien dat sy gesindheid was dat indien sy vir hom iets wil gee is dit goed en indien nie, is dit ook goed. Hy was al so gewoond aan hoeveel verwerpings deur sy lewe op `n daaglikse basis dat dit aan hom geen verskil meer gemaak het of jy wel iets gee of nie. Toe sy wel vir hom iets gee was daar geen verskil in sy oë nie. Geen dankbaarheid of blydskap nie. Dit was slegs een deeltjie van die proses om die dag te oorleef.
So gaan dit ook in besigheid. As jy iets wil verkoop moet jy bereid wees om verwerping en selfs beledigings op jou produk te aanvaar en te verdedig.
Hoeveel van ons wat al LOTTO “gespeel” het of weer gaan speel doen dit met die gedagte om minder bevoorregtes te help met die geld wat ons daarop spandeer? Dit wasmos die oorspronklike motivering om die LOTTO te begin in Suid-Afrika, was dit nie. Miljoene mense kan gehelp word met die geld wat deur die LOTTO gegenereer sal word.
Dit bring my weer terug by die LOTTO. Is dit verkeerd om te probeer geld maak en daardeur vir ander iets te gee? Ek glo nie, maar dit is die gesindheid waarmee jy gee, is dit nie?
Oor jou gesindheid moet jyself besluit!
