deur Gerhard Strydom

Om op te som kyk ons na wat ons die afgelope paar weke geleer het.

Identifiseer alles wat ‘n negatiewe invloed op jou lewe het. Maak ‘n lysie van dinge soos vrese, tekortkominge en mislukkings. Dit is die dinge wat jou laat lewe asof jy ‘n mislukking is en onsuksesvol is.

Besef dat die brein van die mens verskriklik kragrig is maar dat jy die vermoë het om jou breinkrag positief te beëinvloed deur die negatiewe met positiewe gedagtes te vervang. Onthou, die mens is geskape om gelukkig te wees.

Nadat jy die negatiewe dinge in jou lewe geidentifiseer het moet jy nou ‘n lysie gaan maak van die positiewe dinge in die lewe soos jy graag wil wees. Sien jouself wanneer jy jou huislening afbetaal, jou droomvakansie onderneem, skuldvry lewe en alle ander aspekte van jou lewe soos huwelik, gesinslewe, ens.

Neem tyd om daardie goeie dinge in die lewe in detail in jou gedagtes vas te pen. Jy mag maar ‘n bietjie dagdroom om jouself so gelukkig te sien soos wat jy graag wil wees. Spandeer ongeveer 10 – 15 minute (verkieslik vroeg in die oggend) per dag hieraan.

Tree op asof jy reeds suksesvol is en reeds behaal het wat jy nog poog om te bereik. Dit sal ‘n spesifieke beeld uitstraal na ander mense. Hulle sal jou ook as ‘n susksesvolle persoon begin sien en hulle houding teenoor jou sal begin verander. Jou brein sal begin oorneem om jou positief ingestel te kry en probleme sal glad nie meer so onoorkombaar lyk nie.

Onthou, positiewe gedagtes alleen kan jo unie suksesvol maak nie. Jy moet ook daarwerklik begin optree en iets begin doen aan jou omstandighede om dit te verander. Beplanning, doelwitte en tydsbestuur is aspekte wat ons nog na gaan kyk.

Tot volgende keer …

Sukses Deel VI

Sukses Deel IV

Sukses Deel III

Sukses Deel III

Sukses Deel I

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply