deur Gerhard Strydom
As jy die oefening hieronder doen kan dit vir jou ‘n idee gee of jy suksesvol gaan wees in jou besigheid of nie. Dit sal ook vir help om jouself en jou toekoms te verstaan.
“Hoe gemotiveerd is jy om ‘n sukses te maak?”
Wat sou gebeur indien jy skielik uitvind jy het nie meer ‘n werk nie. Geen inkomste met hope rekeninge om te betaal, ‘n familie om te versorg. Die druk wat opbou en die hoop wat vervaag?
. Wat maak jou regtig opgewonde?
. Hoeveel ure per week werk jy?
. Waarvan hou jy regtig by jou werk?
. Waarvan hou jy by jou werk nie?
. Wat doen jy met jou vrye tyd?
. Indien jy twee maande verlof sou kry en genoeg geld, waar sou jy heengaan en wat sou jy doen?
. Hou jy van die mense saam met wie jy werk?
. Is daar van jou probleme wat geld sal kan oplos?
. Indien jy meer tyd tot jou beskikking sou hê, wat sou jy daarmee doen?
. Behalwe geld, waarna streef jy nog?
. Wat beteken jou familie vir jou?
. Wil jy nog iets doen om jouself persoonlik te ontwikkel en te laat groei?
. Wat wil jy bereik in die lewe?
. Wat maak jou vreeslik bang?
. Sou dit vir jou iets beteken om ander te help om hulle lewe positief te verander?
. Wat maak jou regtig opgewonde?
. Wat maak jou regtig kwaad?
. Is daar iets wat jy vir jou geliefdes graag wil gee of doen?
. Wat maak jou regtig emosioneel?
Bogenoemde antwoorde kan vir jou ‘n idee gee van wat jou behoeftes in die lewe is en of jou tevrede is met jou omstandighede soos dit nou is.
Soek jy na ‘n geleentheid om “SUKSESVOL” te wees
1. Geen Baas. Jy beplan jou eie werksdag. Monitor jouself. Bepaal jou eie daaglikse prioriteite.
2. Geen plafon of limiet vir jou inkomste. ‘n Inkomste wat voortdurend groei.
3. Self tevredenheid. JY bepaal jou eie besigheid. Jy kry die erkenning. Jy geniet wat jy verdien.
4. Werk saam met mense van wie jy hou. Geen kantoor politiek nie.
5. Beplan jou eie ure. Werk die ure soos dit jou en jou gesin pas.
6. Geen vervoer probleme van en na die werk nie. Spaar tyd en geld.
7. Geen kantoor uitgawes = groter winste. Werk uiteindelik van die huis.
8. Sekuriteit. Niemand kan jou afdank nie. Jy gaan nie jouself afdank nie want jy is die baas!
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
