“Die uitdaging is nie net om vinniger, flikser of selfs meer ervare te wees nie. Dit strek veel verder. Dis om saam met ander oorwinning te kry. Jy sal nie alleen wees nie,” sê Ricardo Gressel, Titans Chase se ambassadeur en seremoniemeester, “jy is daar saam met ‘n vriend, ‘n broer, ‘n suster, ‘n vreemdeling. Dit gaan alles oor hoe ons ‘n uitdaging aanpak en klaar maak ter ondersteuning van mekaar.”

Die nuutste toevoeging tot die wêreld van hindernis baan resies, die Titans Chase Adventure Series sal in die pragtige sonderlinge dorpie van Christiana op die oewer van die Vaalrivier in die Noordwes-provinsie aangebied word. Op Saterdag 17 September 2022 sal die Oewerkuier-venue die gasheer wees vir atlete en hul gesinne om óf die 5 km, óf die10km en dalk die spoed-baan ook, aan te pak.

Wat maak die wedloop bietjie anders as die res daar buite? Gressel antwoord dat Titans iets anders na die tafel bring en sien hoe dit nie net mense maar ook die gemeenskap kan bevoordeel en op trek. “Jy gaan nie net teen ander kompeteer nie, maar ook teen die Titan in jouself.” Die geleentheid wil ook die gemeenskap ondersteun en die area ‘n hupstoot gee, alles vir ‘n wonderlike wegbreek en buitelug avontuur.

Christiana, ook ‘n vakansie bestemming, het veel potentiaal, en wat ons in die gemeenskap wil bereik is om mense aan te spoor om terug te gee, skoon te maak en te help, dit alles vir die toekoms. “Daar is struikelblokke in die lewe wat baie moeiliker gaan wees as ‘n wedloop, maar jy kan die Titan in jou gemeenskap wees.”

Die werk van die Titans Chase Adventure Series is om jou uniekheid te voorskyn te bring. Die uitdaagende roetes is nie net vir geharde atlete nie maar ook vir die beginner. Dit gaan ook ‘n geleentheid skep vir deelnemers om tyd saam met vriende en familie te spandeer terwyl hul met die natuur weer in aanraking kom.

Die naweek is vol gepak met vermaak, tente akkomodasie en etes. Dit alles terwyl jy oor die Vaalrivier kan tuur by die venue.

Titans Chase hou sterk by die idee dat daar geen meer verskonings is vir ‘n deelnemer nie, of jy hardloop, loop of kruip…vordering is vordering!

Daag jouself uit om ‘n beter weergawe van jouself te wees! Titans Chase Adventure Series bied hierdie geleentheid!

Afstande

THE WAR HAMMER CHASER – 5km Hindernis resies/ Individueel.

THE BEAST CHASER – 10km Hindernis resies/ Individueel.

THE WAR HAMMER – 5km Hindernis resies vir spanne van 2 tot 10 atlete.

THE BEAST – 10km Hindernis resies vir spanne van 2 tot 10 atlete.

TINY TITANS – Kinders ouderdomme 6 – 15 jaar oud.

Om in te skryf besoek: https://www.entryninja.com/events/78035-titans-chase-adventure-series

Neem kennis: – Boek vir Tiny Titans die oggend van registrasie. Registrasie gaan van 06h30 af wees en die resies se wegspring tyd van 08h00 tot 12h00.

Lewer kommentaar

Leave a Reply