Walter Mokoena vs SABC

Die sportaanbieder Walter Mokoena gaan met die SABC in die hof baklei, nadat hulle besluit het om nie meer van sy dienste gebruik te maak nie.

Die SABC het Mokoena die trekpas gegee na die sokkerwedstryd tussen Suid-Afrika en Spanje in die Konfederasiebekertoernooi. Suid-Afrika het die wedstryd 2 – 0 verloor. ‘n Emosionele Mokoena het ‘n vloermoer gegooi op lug na afloop van die wedstryd en aangedring dat afrigter Joel Santana Bafana Bafana-kaptein Aaron Mokoena afgedank moet word.

Die SABC se standpunt is dat Mokoena as aanbieder aanstel is en nie as wedstrydontleder nie en dus nie sy opinie kan lug nie.

Mokoena is al voorheen geskors toe hy gesê het ‘n sekere sokkerspeler se eerste seksuele ervaring was met ‘n bok.

Lewer kommentaar

Leave a Reply