Die 17de konferensie van die Verenigde Nasies se raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering, in 2011, gaan in Suid-Afrika gehou word.
Ons kan verwag dat daar hewige bekgevegte tussen lande en verskeie aksies van omgewingsaktiviste gaan wees aangesien die bestaande klimaatsooreenkoms ingevolge die Kioto-protokol in 2012 verstryk.
Die konferensie sal van 28 November tot 9 Desember 2011 aangebied word.
