Woestynren vier 29ste herdenking

Een van die oudste borgskappe in Suid-Afrikaanse motorsport floreer steeds met die Toyota Kalahari Botswana 1000-Woestynren wat vanjaar sy 29ste herdenking in Botswana vier.

Vanjaar se byeenkoms vind van 24 tot 26 September plaas en is die sesde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap met die renhoofkantoor wat van die Game City-kompleks in Gaborone na Kumakwane, wat 25 kilometer noordwes van die Botswana-hoofstad is, verskuif het. Die organiseerders van die ren, die Four Wheel Drive-klub van SA, het op dié verandering besluit vanweë die kongestie van Game City gedurende naweke.

Die ren het vir die eerste keer in 1975 plaasgevind en het tot 1979 as die Total Trans-Kalahari-Padren bekend gestaan. Die ren het vinning vir homself in nismark op die Suid-Afrikaanse motorsportkalender gevorm en in 1980 het dit met ondersteuning van IGI plaasgevind.

Toyota het borgskap van die ren in 1981 oorgeneem. Tussen 1981 en 1990 het die Toyota 1000-Woestynren in die Vryburg-omgewing plaasgevind waarna dit in 1991 na Botswana verskuif het.

Toyota Suid-Afrika het die plaaslike voertuigmark in 1961 as ‘n verskaffer van Ligte-handelsvoertuie (LCV) binnegedring. Die maatskappy bied nou ‘n uitgebreide reeks passasiersmotors sowel as medium- en swaarvoertuie, maar die LCV-mark bly steeds die ruggraat van Toyota se voortdurende sukses.

Om die Hilux- en Land Cruiser-bakkiereekse in die veeleisende wêreld van veldrenne te bewys, was ‘n natuurlike volgende stap vir Toyota in die 1980’s. Toyota het veldrenne ondersteun sedert renne in die vroeë dae met “plaasbakkies” aangepak is tot die meer gespesialiseerde produksievoertuie wat deesdae meeding.

Van 1981 tot 1991 het die reëls vir slegs een algehele wenner by renne voorsiening gemaak. In 1992 het die aangewese Veldrenkommissie van Motorsport SA besluit om die kampioenskap in die Spesiale Voertuig- en Produksievoertuigkategorieë te verdeel en die algehele wenners van elke kategorie is erken.

“Toyota was ‘n groot ondersteuner van planne om die Toyota 1000-Woestynren in 1991 na Botswana te skuif,” het Toyota Suid-Afrika se president en hoof-bestuursbeampte, Dr Johan van Zyl, gesê. “Botswana is ‘n baie belangrike mark vir Toyota en ons beskik oor ‘n kleinhandelmark van meer as 40 persent.

“Ons handelaars verwys na Botswana as Toyota-gebied en die belangrikheid van ons handelsmerkbewustheid in dié mark en in Suidelike Afrika in die algemeen is een van die redes waarom ons die Toyota 1000-Woestynren vir amper 30 jaar ondersteun.”

Vanjaar se ren skop Vrydag, 24 September om 12:00 met ‘n 72 kilometer-Donaldson-voorren af wat die wegspringposisies bepaal. Die ren sal Saterdag, 25 September om 08:00 by Kumakwane begin en deelnemers wat dag een oorleef het sal Sondag, 26 September weer om 08:00 wegspring.

Die renhoofkwartier en die aangewese diensunt sal by Kumakwane wees.

bydrae: Charmaine Fortune

Lewer kommentaar

Leave a Reply