Die departement van basiese onderwys ondersoek ‘n vraag oor sepiekarakters wat in ‘n gr. 9-vraestel verskyn het, berig The Star.
Volgens dié berig het die vraag in die Kuns en Kultuur gemeenskaplike take vir assessering verskyn en leerders gevra om “twee van hul gunstelingsepies en drie karakters uit elk te noem”.
Dié vraag was agt punte werd.
