Hier huil jy net twee keer

Hier huil jy net twee keer is die opvolg vertoning van die suksesvolle Baby, as ek verby ry.

Die titel van die nuwe verhoogproduksie deur Dana Snyman en Klopjag kom uit die ou gesegde: “Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry.” Dit is dan ook waaroor hierdie aanbieding gaan. Dit is saamgestel uit Dana se stories wat handel oor families en hul huishoudings, die mooi, die snaakse en die hartseer aspekte daarvan.

Die kombinasie van Dana se stories verstrengel met Klopjag se musiek pas soos ‘n handskoen. Die produksie gebruik nostalgie, humor en musiek met groot sukses om die prentjies vir die gehoor te skets.

Dana se vertelstyl is selfs beter in lewende lywe as in sy boeke en dis werklik ‘n belewenis om die eerlike en opregte wyse waarop hy stories vertel, gekombineer met Klopjag wat op hul instrumente die onderliggende emosies en tema van elke storie met gemak uitbring, te ervaar.

Baby, as ek verby ry het vol sale regoor Suid-Afrika getrek en was een van die hoogtepunte tydens die Woordfees, KKNK, innibos en Aardklop in 2010. Die opvolg, Hier huil jy net twee keer, bied, soos sy voorganger, aan die gehoor ‘n woord-en musiekervaring van die hoogste gehalte.

Hier huil jy net twee keer is 27 November by die Ou Meulteater in die Paarl. Bespreek by Vicky by 083 564 00 56 / Vicky@oumeulteater.co.za.

Dana Snyman & Klopjag
Dana Snyman & Klopjag

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply