Bakkes @ Boeke OppiSTOEP

Die reisverhaalskrywer Johan Bakkes se jongste bundel, Oepse Daisy, het pas verskyn en daarin vertel hy van sy nuutste avonture. Anna-Retha Bouwer van Beeld se kunsredaksie is (soos enige joernalis) altyd op soek na goeie stories en gaan met Johan en sy broer Marius gesels oor familie, verskille en al die wonderlike goed wat mense aan mekaar bind.

Johan se vrou, die kunstenaar Nanna Vorster-Bakkes, kom wys ook haar nuutste kunswerke en vertel die stories daaragter. Dis nie ’n produksie nie, dis op reis met die familie!

Innibos 2012

Met: Johan Bakkes, Marius Bakkes, Nanna Vorster-Bakkes en Anna-Retha Bouwer
Datum en tyd: Woensdag 27 Junie 18:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: R52

Lewer kommentaar

Leave a Reply