Begin jou eie groentetuin

Almal wil deesdae ’n groentetuin hê – ’n paradys in die kleine waar jy groente en kruie kan oes wat veel varser, voedsamer, en bowenal lekkerder is as enigiets wat jy in ’n winkel kan koop.

Begin jou eie groentetuin is ’n allesomvattende praktiese gids om hierdie droom ’n werklikheid te maak. Hierdie boek sal jou die volgende leer: alles begin by goeie, gebalanseerde grond – ons wys jou hoe jy jou grond kan toets en rég voorberei; hoe om ’n organiese groentetuin volgens jou spesifieke omstandighede te beplan; hoe om self kompos en grondmengsels te maak en beddings en potte rég voor te berei; hoe om saaipotjies van koerantpapier te maak wat jy net so kan plant; hoekom oopbestuifde en erfenissaad die beste werk (en hoe jy saad kan oes en bêre); hoe om reg water te gee en selfs gryswater te gebruik; hoe om ’n wurmplasie of bokashidrom te begin waarmee jy jou plante woema kan gee (en minder vullis stortingsterrein toe stuur); hoe om peste en plae op die organiese manier te beheer; watter groente die beste vaar in sand- of kleigrond, volson of half- en spikkelskadu, hitte- en droogtetoestande, beddings of potte, gryswater duld of nie …

Begin jou eie groentetuin / deur Peter van Noord & Johan van Zyl — Human & Rousseau, 15 November 2018 — 192 p. ; sagteband. — ISBN 9780798176354 : R 325.00

Begin jou eie groentetuin
Bettie Blom
23 November 2018

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply